id
int64
0
517k
text
stringlengths
99
46.9k
1,000
Of, broers en susters, kom ons sê dit totaal anders: Toe die Prediker se geloof arms afgebreek het, het hy baie ver getuimel, maar in die arms van God beland: Want, sê hy in Prediker 7:13-14: ‘Kyk na die werk van God: wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het? Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar 'n dag van teenspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gemaak sonder dat die mens weet wat vir hom voorlê’. Met ander woorde, vir die Prediker bly die hele lewe 'n geskenk van God — of dit nou voorspoed of teenspoed is.
1,001
Hierdie insig van die Prediker, broers en susters, is nie 'n negatiewe of morbiede uitkyk op die lewe nie. Nee. Dit is eerder 'n erkenning dat daar in die lewe geen sukses resep is, niks is wat jy kan doen om vir jouself voortdurende of blywende voorspoed te verseker nie. Al wat daar in die lewe is, is gawes uit die hand van God. En niks meer nie. Nie ons vroomheid, ons kerkgang, ons kerklike bydrae, ons sogenaamde konserwatiewe of liberale teologie, ons teorieë oor die politiek, ekonomie of wat ook al, kan ons verseker dat ons lewens voorspoedig sal verloop nie. Al wat oorbly, is: ons is in God se hand. Dit is al sekerheid in hierdie lewe.
1,002
Die belangrikste insig waartoe die Prediker gekom het is dus dit: geloof in God is nie bedoel om jou paadjie gelyk te maak nie. Geloof in God is eerder bedoel om jou krag te gee om, wat ook al die omstandighede, vir die lewe te kies, en om die lewe self as Godsgeskenk te waardeer en te geniet. Daarom sê hy in Prediker 9:7-10:
1,003
Predikers e geloof in God, broers en susters, was dus aan geen voorwaardes gekoppel nie. Sy geloof was dankbare aanvaarding van wat God gee, dit het die minimum gevra: 'n stukkie kos, 'n bietjie vreugde, 'n sprankie liefde, en oorgawe aan wat hy doen.
1,004
Die vraag wat elkeen van ons dus vanaand vir onsself moet antwoord is die volgende: as ons al ons mag, besittings en gesondheid verloor, wat gaan ons doen? As al ons ou sekerhede van ons weggeneem word, ons in 'n al hoe vreemder en Godsvyandige wêreld moet lewe, as ons as Christene die minderheid word waar ons woon, as dit vir ons lyk of voorspoed plek maak vir teenspoed, wat gaan ons maak?
1,005
Gaan ons rouklere aantrek, as op ons koppe strooi, belang in die lewe verloor en die geloof in God vaarwel roep. Of sal ons, soos van gelowiges verwag word — en soos die Prediker gemaak het — elke dag wit klere aantrek, ons hare versorg, liefhê, geniet, en alles wat ons doen met oorgawe doen omdat dit dié deel is wat God vir ons in die lewe gee?
1,006
Wie so leef, het in 'n wêreld vol veranderinge en onsekerhede niks meer nodig nie. Want hy/sy weet: Voorspoed beteken om in God se hand te kan wees, en niks meer as dit nie. Want ons nog meer nodig het,sal God vir ons gee!
1,007
By Hoër Jongenskool word Bergfiets as ’n buitesport in beide die somer en winter aangebied. Die WP XC- reeks is jaarliks ’n hoogtepunt waardeur seuns provinsiale kleure vir bergfiets kan verwerf.
1,008
Besonderhede en Inligting is voorsien deur die betrokke Eienaars. Somewhere2rent.com is nie verantwoordelik vir die inhoud of akkuraatheid van inligting voorsien nie.
1,009
Hou jy die sokker? Dan moet jy beslis vir ons! Hier val die klem op die gehalte van prestasie straf. Hierdie fassinerende spel vir diegene wat daarvan hou om te speel met die bal. Die kern van die spel is om behoorlik te kyk instel van die sensors geleë aan die onderkant en kry die bal in die doel te bereik. Die meer doelwitte jy sal telling, hoe meer punte kry jy!
1,010
Hugo benodig ‘n borg. Die kinders se skoolfonds is groot probleem. Die eerste R350.00 van elke kind moet betaal word en is vir boekgelde. Die res word afgeskryf. Die ouers het bloot net nie die R350.00 nie. Daar is enkeles wat wel werk maar dit word gebruik vir oorlewing.
1,011
Ek hoop regtig dat ons so ‘n klein bietjie die nood van verlig… ons sal dit nooit nooit heeltemal kan verander nie. Die kinders en oumense is die grootste prioriteit.
1,012
Dankie vir jou tyd … ek waardeer dit opreg. Maar gepraat van waardeer – moet jy daardie gesigte sien as ons goedere soontoe neem. Die kinders het Saterdag elkeen ‘n groot pakkie smarties gekry, en dit was XMAS.
1,013
Daar MOET iets wees wat ons kan doen…?! Is dit nie die eerste klein babatreetjie wat ons elkeen kan gee om Suid Afrika ‘n beter plek te maak vir ALMAL nie??
1,014
René, kan jy asseblief hierdie hele skrywe net so vir my e-pos, met kontakbesonderhede vir mense wat graag sal wil help. Ek het ‘n baie wye netwerk van vriende, vir wie ek dit graag wil aanstuur en wat ek weet graag arm blanke mense sal wil help.
1,015
Ek bedoel kontakbesonderhede waar mense wat wil help die geld of goed kan heen stuur. Ek dink my taalgebruik is bietjie confusing hierbo. 🙂
1,016
Ek het 2 huise in SA en sal betaal vir iemand om altwee my tuine te onderhou. Dit is ‘n begin om iemand te help. Ek dink nie ek is die enigste nie.
1,017
Waar was die mense wat so swaer kry. Hoekom was hulle nie daar nie. Ek sou hulle kos, meel en geld aangebied het vir ‘n dag se loon.
1,018
Jy maak ‘n baie geldige punt Jassie! Ek vir een is juis daarvoor om eerder vir mense wat swaarkry ‘n visstok te gee as ‘n vis … !
1,019
Vir my gaan dit oor die onskuldige kinders wat daaronder ly en ons wat hul nood sien maar niks doen om daardie kinders te help nie!! Ek voel ‘n vy vir die ouers wat nie hul jisse kan lig om te gaan werk soek nie – maar my simpatie en empatie lê by die kinders! Gaan ons nogsteeds arms gevou sit en die ouers blameer – of gaan ons poog om ‘n verskil in EEN kind se lewe te maak??
1,020
My hart bloei wel vir die kinders want hulle het geen keuse in hulle lot nie, en agv die keuses van hulle ouers is die kanse dat hulle hulle pad uit daai mushoop gaan vind ongelukig baie skraal…
1,021
MAAR, kom ons help die kinders. Hulle het nie gevra om daar te wees nie, en hulle kan nie help vir waar hulle is nie. Ons kan hulle egter help om bo hulle omstandighede uit te styg. Bydraes moenie stop by geld / klere / kos nie – gee leiding, raad en liefde – wees ‘n mentor vir ‘n kind / kinders (wat jy ookal kan behartig) – help hierdie kinders om ‘n toekoms vir hulle self te bou.
1,022
Ek het fotos van hul omstandighede gesien – geen beddens, matrasse of kussings nie – slegs ‘n kombersie as hulle gelukkig was. Daardie kinders het nie geweet wat is ‘n tissue nie. Hulle het vir die eerste keer by ons pannekoek geeet. Ek moes albei leer om toiletpapier te gebruik – dit koop mens verseker nie as jy nie eers kosgeld het nie.
1,023
Ons ander is baie bevoorreg en besef nie altyd die elendige situasies van ander nie, want ons leef nie na aan hulle nie. Die maatskaplike taak druk eintlik baie swaar op ons almal se skouers en dis tyd dat ons wakker word vir die probleme wat rondom ons aangaan. Met die ekonomiese klimaat soos dit nou is sal dit seker ook net erger word.
1,024
Ons is geneig om God se teenwoordigheid in ons lewe te meet aan die goeie dinge wat met ons gebeur. Hierdie episode in die lewe van Josef se broers wys ons dat God ook teenwoordig is in die slegte dinge wat met ons gebeur. Die hongersnood wat Jakob se seuns na Egipte dryf, die beskuldiging van Josef dat hulle spioene is, die drie dae in die tronk, die gevangeniskap van Simeon, die geld in hulle sakke wat hulle as diewe kan brandmerk, dit alles is dinge wat lei tot die groeiende besef by die broers dat hierdie dinge nie maar onbeplande ongelukke langs die pad is nie.
1,025
In hulle radelose vrees kom hulle agter dat God daarin teenwoordig is: “Wat het God ons nou aangedoen?” Die slegte dinge wat in Egipte met hulle gebeur, word algaande vir hulle tekens van God se teenwoordigheid, hoewel hulle nie die volle boodskap daarvan nou al kan raakvat nie. Wat die leser egter begin agterkom, is nie net dat God agter die slegte dinge is wat met hulle gebeur nie, maar dat Hy met ‘n proses besig is om hulle tot selfinsig te bring oor die leed wat hulle Josef aangedoen het wat uiteindelik sal lei tot versoening.
1,026
Die hongersnood in Kanaän is duidelik baie swaar sodat Jakob inisiatief neem en sy seuns na Egipte stuur. Hoe hy gehoor het dat daar koring in Egipte is, word ons nie vertel nie, maar hy is duidelik in sy opdrag dat hulle daar koring moet gaan koop.
1,027
In Egipte buig die boers diep voor Josef wat self streng beheer oor die verkoop van die graan aan die mense uitgeoefen het. Josef het sy broers herken, maar hulle nie laat agterkom wie hy is nie, en hulle baie bruusk hanteer.
1,028
Met sy navraag na hulle plek van oorsprong word weereens gesê dat hy hulle herken het, maar dié keer is dit duidelik dat hy ook aan sy drome van vroeër begin dink en sin probeer maak van wat hom te doene staan. Hy kies om hulle as spioene te brandmerk wat die land kwaad wil aandoen.
1,029
Josef se reaksie is om hulle aan ‘n toets te onderwerp of hulle die waarheid praat. ‘n Mens dink onmiddelik aan die leuen wat hulle oor Josef vir Jakob vertel het dat hy deur diere opgevreet is. Josef weet natuurlik self wat die waarheid is, maar sy toets is gemik daarop dat daar selfinsig kom by die broers oor wat hulle aan hom gedoen het, die een wat nie meer leef nie.
1,030
Josef laat hulle ook drie dae aanhou in die tronk, waarskynlik in presies dieselfde tronk waar hy vir dertien jaar onregverdiglik aangehou is. Dit sou hulle iets laat ervaar van sy wroeging in die onsekerheid van wat die toekoms regtig inhou.
1,031
Op die derde dag gee Josef vir hulle ‘n baie verrassende stukkie inligting oor homself: “Ek dien God!” Hy versag ook sy voorwaardes en hou net vir Simeon agter en stuur hulle om hulle jongste broer te gaan haal, sodat Josef kan weet hulle is eerlike mense wat die waarheid praat.
1,032
Waarskynlik doen hulle dit om Jakob te oorreed om vir Benjamin saam te stuur. Groot was hulle ontsteltenis egter toe hulle met die leegmaak van die graansakke agterkom dat elkeen se beursie met geld in die sakke geplaas is. Die uitdaging om terug te gaan, het skielik eksponensieel groter geword.
1,033
Met die salfolie word die tabernakel aan die Here gewy sowel as Aäron waarna hulle hulle plekke inneem om die diens van die priesterskap te begin uitvoer. Die verskillende offers wat hulle eie sonde versoen en heilig om hulle werk te kan doen, word gebring presies soos dit in die vorige paar hoofstukke uitgespel is – die sondeoffer, brandoffer, graanoffer, en maaltydoffer (vir die priesterwyding). Die enigste offer wat nie gebring is nie, was die skuldoffer wat net nodig sou word in die geval van restitusie of regstelling, wat uiteraard nie nou al hier nodig was nie.
1,034
Let op hoe die gemeenskap wat Aäron en sy seuns voortaan met die Here sou geniet, gesimboliseer word deur die sewe dae lange feesmaal by die ingang van die tent van ontmoeting. Dit verseël die priesterlike funksie wat hulle voortaan deur die geslagte namens God en namens die volk sou verrig. Hulle status is hierdeur verander van gewone lede van die volk na afgesonderde en geheiligde amptenare in diens van God self.
1,035
Hy is deur God gesalf vir sy bediening deur die Gees wat in die vorm van ‘n duif op Hom neergedaal het (Matt. 3:16-17).
1,036
Hy het Homself as ‘n offer aan die kruis laat spyker om eens en vir altyd vir die sonde van sy mense versoening by God te doen (Hebr. 12:2; 1 Pet. 2:24).
1,037
Sy uitverkorenes moet die groot Verdrukking deurstaan, en Hy belowe dat Hy hulle sal beskerm in daardie tyd (Matt 24:22). Hy roep ons op om waaksaam te wees en altyddeur te bid dat ons die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn (Luk 21:36).
1,038
Ek brei in my bydrae uit oor verskillende idees oor die wegraping. Ek kies vir ‘n wegraping wat met die wederkoms saamhang, want dit is na my mening wat in 1 Tessalonissense 4 staan.
1,039
Paulus versoek hulle egter om nie so gou van stryk gebring te word deur misleidende interpretasies oor die wederkoms nie, maak nie saak of dit in ’n profetiese uitspraak gedoen word of deur ’n brief nie. Daarom bevestig Paulus heel moontlik in 2 Tess 3:17 die egtheid van hierdie brief, deur die groete met sy eie handskrif te skryf.
1,040
As dit ’n despotiese leier sou wees, kan dit miskien dui op keiser Titus wat in 70 nC Jerusalem ingeneem het en die tempel ontheilig het. As dit ’n demoniese mag sou wees, verwys Paulus se uitsprake na die Antichris in die eindtyd net voor die wederkoms van die Here Jesus. Dit is ook moontlik om albei betekenisse te aanvaar, en ’n eerste vervulling met keiser Titus en ’n tweede vervulling aan die einde van die tyd hierin raak te sien (vgl 1 Joh 2:18 – daar is eintlik sprake van ’n hele paar antichriste).
1,041
Hoe dit ook al sy, die Tessalonisense het die lering verstaan, want hy het dit blykbaar die vorige keer met hulle deurgepraat. Dit bly egter vir ons onseker presies wat hy bedoel, omdat die NT nie baie meer detail hieroor gee nie. Dit geld ook die betekenis van die “geheime krag wat hom teëhou”. Dit is bv. al met die Romeinse ryk, wat op plekke die evangelie goedgesind was, verbind; ook met die evangelie verkondiging, dws dat deur die verspreiding van geloof, die wettelose teruggedryf word; ook met engele of met die Heilige Gees of God self, hoewel dit nie sin maak dat die Gees eers “uit die weg (moet) wees” nie (vers 7).
1,042
Wat wel seker is, is dat dit die Satan is wat agter die wettelose en die wetteloosheid sit. Let egter op dat hy dit net regkry om dié te mislei wat reeds nie die waarheid liefgehad en tot hulle redding aanvaar het nie. Die veroordeling kom dus nadat hulle reeds hulle keuse teen God se boodskap in Jesus Christus gemaak en Hom verwerp het.
1,043
As ek al die inligting hierbo so beskou, is dit maklik om benoud te raak. Hoe meer jy weet van wat in die wêreld aangaan, hoe meer weet jy van die mag van wetteloosheid. Dan is die woorde waarmee Paulus hierdie perikoop begin en eindig ook vir my bedoel:
1,044
En ek moet waak teen wetteloosheid in my eie lewe – ek kan nie ’n norm vir myself word nie, dat wat ek dink goed en sleg is, my lewe bepaal nie. Dié voorreg behoort net aan die Here.
1,045
Paulus sluit dié hoofstuk met ’n gebed dat God hulle waardig sal maak vir dié lewe waartoe Hy hulle geroep het, dat Hy hulle liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome sal maak – woorde wat herinner aan die eerste brief (1:3; 5:8).
1,046
Die boodskap bevredig my eie sin vir regverdigheid – lyding is nie maar toevallig of verniet nie – en gee my hoop – God sal my waardig maak vir die lewe waartoe Hy my geroep het. Ek kan op sy regverdigheid en betroubaarheid staatmaak, in my bediening en lewe.
1,047
Hou asseblief duimvas vir my! Ek gaan vir ‘n maand bietjie meer eie-tyd tot my beskikking he en ek belowe niks, maar dalk begin ek weer ernstig blog!
1,048
Sjoe, man! Dis darem lekker om weer van jou te hoor en te sien daar’s nog lewe.Hopelik gaan jy darem nou effe meer gereeld ietsie skryf as die afgelope 6 maand? Ek’s bly oor die nuwe werk en sterkte met die operasie(tjie) en al die planne!
1,049
Die volgende instruksies wat die Here vir Moses op die berg gee, handel oor die kleinerige wierookaltaar in die Heilige deel van die Tabernakel reg voor die voorhangsel wat die Heilige van die Allerheiligste deel van die Tabernakel geskei het – Eks. 30:1-10. Daarby kom instruksies oor die versoeningsoffer tydens ‘n sensus, wat twee keer op die reis deur die woestyn nodig was – Eks. 30:11-16. Die instruksies vir die bronswaskom waarin Aäron en sy seuns hulleself gereinig het vir hulle diens – Eks. 30:17-21 – sowel as die gewyde salfolie wat vir hulle salwing gebruik en die presiese bestanddele vir die wierook wat gebruik moes word, word ook vir Moses gegee – Eks 30:22-38.
1,050
Soos die Here daar verklaar: “Wie ’n offer vir My bring, moet besef dat Ek heilig is; sy ontsag vir My moet vir die hele volk duidelik wees.” (Lev. 10:3). Geen wonder dat die NT steeds praat van God as ‘n verterende vuur nie: “Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil, want ons God is ’n verterende vuur.” (Hebr. 12:28-29).
1,051
In die Openbaring van Johannes sien ‘n mens weer die wierook in spel wat daar met die gebede van die heiliges (gelowiges) verbind word wat die Lof van die Lam besing – Openbaring 5:8-10. ‘n Mens hoor nog twee keer in Openbaring van die gebede van die heiliges wat nie net vir God verheerlik nie, maar ’n bepaalde invloed het op die koers wat God met die wêreld inslaan. ‘n Mens sien in Openbaring. 6:9-11 dat die gebede van die martelare wentel daarom dat reg sal geskied op aarde, en in Openbaring. 8:3-5 dat die gebede van die heiliges onder andere die sewende seël se sewe trompette en hulle oordele inlui (Vgl. my bydraes hieroor: Openbaring 5 – Die Lam van God is waardig om God se agenda uit te voer; Openbaring 6 – God se oordeel ontvou met ses seëls; Openbaring 8 – God hoor die gebede van die heiliges en verskerp sy verlossende oordeel).
1,052
Hierdie offer sou miskien vir Dawid jare later uit sy predikament gered het, toe hy die volk laat tel het, hoewel dit daar tog blyk dat die aanhitsing (toetsing) tot ‘n sensus ‘n bo-natuurlike oorsprong gehad het (2 Sam. 24; 1 Kron. 12 – die weergawe in Samuel wyt die insident aan die Here se toetsing, terwyl die weergawe in Kronieke die agent van die Here se toetsing as die Satan uitspel, amper soos dit vir ons in Job vertel word). Uit Dawid se eie woorde lyk dit egter asof Dawid se sonde lê in sy motivering dat hy: “wou weet hoeveel hulle is”, wat óf tot hoogmoed kon lei, óf tot ‘n vertroue op hulle eie mag, i.p.v. op die mag van God.
1,053
Die bronswaskom was nodig vir die uiterlike reiniging van Aäron en sy seuns met hulle aanstelling sowel as daagliks in die uitvoering van hulle diens in die Tabernakel. Reiniging was net so belangrik as die rituele wat in die kultus nagekom is. Die uitvoering hiervan word in Eksodus 38:8 beskrywe.
1,054
'n engel, in die Hemel wil ek bly. (Wil ek bly.) Dit is ... as jou lippe oor my vee. Ek wens jy doen dit weer. Jy ... soen soos 'n engel. Ek wil graag oopkaarte met jou
1,055
ek aan jou dink raak ek weg. My oë val toe en ek ... op vlerke van die wind. As ek met jou dans voel dit reg. ... my maak my lyf vanaand. Ek sal verewig net hier by jou
1,056
vir my verduidelik dis waar ek vir jou sal wag Ek wil jou ... Dis meer as woorde wat ek vra soos jou hart met myne ... en dis 'n sielsgevoel Ek sal kaalvoet loop oor die
1,057
Versfeld was nog nooit so lekker soos nou nie. Net jy en ek ... die wagte by die hek ek moes nou wraggies elke liewe ... toutjie trek om hierdie aand te reël maar
1,058
asem in my oor soos 'n Engelekoor. Die begin van voor. Ek ... nooit verduidelik. Dit wat ek in my voel oor jou. Dink van ... kan dit nooit verduidelik. Ek weet ek wil dit wys vir jou.
1,059
R: Kyk hier nou, my bru, ek vat nie vir jou vir 'n poes ... nie man. Ons ken mos mekaar, is ons kla gepraat? N: ... Ja, okei, maar ek soek nie daai kak nie. Ek soek die
1,060
kan nie wen As jy my vra sal ek jou dra Deur bloed, deur ... het `n stem As jy my vra sal ek jou dra Deur bloed, deur ... sweet, hoor jy my kreet Soek jy na rede? Om in Afrika te
1,061
in jou brand Jy vra kom ek saam na waar jy moet gaan ... Jy sê dis tyd om te trek Om jou hart te vat Jy sê ... dis nie om ons uitmekaar te spat Maar jou woorde
1,062
Oorgewig mense met slaapapnee het ’n drastiese verbetering in hul simptome ervaar en boonop nie erger gesondheidsprobleme ontwikkel nie ná ’n jaar lange program om ’n gesonder leefstyl te vestig.
1,063
“Dit vat gewoonlik net ’n paar jaar vir slaapapnee om te vorder van ’n matige tot ’n baie ernstige siekte,” het dr. Henri Tuomilehto, hoof van slaapstudie by die Oivauni-slaapkliniek in Finland, gesê.
1,064
“Dit gebeur gewoonlik weens gewigstoename. Die resultate wys dat jy die verergering van slaapapnee kan stuit deur jou leefstyl te verander.”
1,065
Die slaapapnee van diegene in die groep wat vyf jaar later nog ’n baie gesonde leefstyl gevolg het, het nie vererger nie of dit het slegs minimaal vererger.
1,066
“Vetsug is die risikofaktor wat die maklikste aangepak kan word as dit kom by slaapapnee,” het Tuomilehto gesê. “Gewigsverlies moet gesien word as ’n manier om slaapapnee te behandel.”
1,067
Bel jou maat bloot net om te sê hoe lief jy vir hom of haar is. Dit sal die vonk in haar hart verskaf om ʼn dag vol liefde vir julle te laat ontvlam. Dit sal haar asem wegslaan en dit klop die idee van ʼn teddiebeer enige tyd.
1,068
‘n Brief mag dalk outyds wees, maar dit stel jou in staat om presies te verduidelik hoe jy voel en wat die ander persoon vir jou beteken. Na afloop van al die stappe hierbo, sal jou maat weet jy bedoel elke woord en dat dit nie leë woorde is nie.
1,069
Die lys van goed wat in rioolnetwerke gevind word, is lank en grusaam. Dit strek van luggevulde kondome wat ronddryf soos visse, tot menslike liggaamsdele[2]. Ons besing die lof van helde wat die berg Everest uitklim, maar ons behoort eerder die arme helde te vereer wat induik om die blokkasies in rioolnetwerke te verwyder. So, kom ons maak hulle werk ligter en spaar ons munisipaliteit baie geld deur niks wat nie in die toilet hoort nie, daarin af te spoel nie.
1,070
Baie waardevolle inligting. Dit blyk egter SA is nie heeltemaal gerat om die nie-wegspoelbare “onnoembares” te hanteer nie. Moet die onnoembares dan saam met die gewone vullis uitgesit word of is daar ‘n diens (soos bv vir kantoorblokke) wat dit by onse huise kan afhaal?
1,071
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Sondag gesê hy is nou op soek na ʼn nuwe oplossing vir die groeiende verkeerskrisis in die Wynland-gebied in die Wes-Kaap nadat sy mees onlangse aansoek om verlof tot appèl in die Wynland-tolsage Vrydag deur die konstitusionele hof geweier is.
1,072
SANRAL moet my bel, sal vir hulle graag persoonlik se waar hulle, hulle tolhek kan oprig. Voel nie hierdie is die regte platform om dit te noem nie.
1,073
Die hele Wes Kaap is oorbevolk, daar is nie meer vir ‘n muis plek nie. Mens kan nerens heen beweeg nie, of jy beland in ‘n verkeersknoop. Geen plesier om op die paaie te ry nie, dit vat jou ure om by jou bestemming uit te kom.
1,074
Dave ek hoor wat jy sê. Ek reageer liewer “impulsief” as om toe te kyk hoe hulle oor ons loop. Ek en jy is dalk op dieselfde frekwensie maar dit is nie publiseerbaar nie. ‘n Mosie van wantroue is maar net die begin en dit is nie waar dit moet ophou nie. Ek is ook nie naief nie om te dink dat die stembus ons redding gaan wees.
1,075
Ons praat dieselfde taal George. En jy is reg wanneer jy sê dat die naam van die straat waar ons is nie publiseerbaar is. En soos jy sê, ‘n stembus is waardeloos vir ons. Ander skreeu ‘Bloedrivier’ sonder om te besef dat dit hierdie jeer ins is wat die assegaaie het en hulle wat sit met die sannas. Ook is daar geen sin in ‘n onafhanklike staat wat omring is met ‘n swart sirkel. ‘n Swart sirkel wat bloot net die hekke kan toemaak wanneer hulle wil. Wat bly oor? Emigrasie? Die wat dit kon bekostig het dit reeds gedoen. Dit is frustrasie wat my dinge laat kwytraak soos bo. Duidelik is jy net so gefrustreerd. Ons enigste hoop blyk te wees nòg ‘n Bytbrug soos wat ons destyds vir die Rhodesiërs oopgemaak het maar hierdie keer na elders.
1,076
Sy tyd is verby..hy moes al lankal afgedank gewees het! Nou dat die klagtes teen teen sy Nkandla fiasko so ophoop nog meer bewys, hy moet summier die land uit verban word. Waar is die mosie van wantroue teen die stuk drek? Jinne ek dink niemand het tyd ding nie!!!
1,077
Die rede hoekom daar niks gedoen word nie is ons het geen regte indie land nie. Om vir hulp by die usa of die uk te soek is soos om vir iemand hulp te vra wat self nie weet wat om met sy eie probleme te maak nie, sal niks help nie. As ons hulp soek moet iemand soos Roets dt by die Russe gaan soek ek belowe jou hulle sal ons help ek weet net nie hoe om hulle te vra nie.
1,078
Mandela het tydens sy 5 jaar vir sy mense gevra; wie is dit wat snags die boere bekruip, in sy huis aanrand, vermoor en sy vrou verkrag. Beslis nie die blanke boer se blanke buurman nie. Nee, dis ons mense.! Los die boere uit, hulle werk hard om vir ons kos te produseer en hulle bedoel dit goed vir hierdie land want dit is ook hulle land. Nou vra ek; het enige van u al gehoor of enige ANC minister of amptenaar hierdie gedagte verbaal herhaal het.?
1,079
Ons weet almal dat ons nie lewe vir hierdie aarde nie. Ons leef om eendag in die Hiernamaals op die Nuwe Aarde voor die troon van God te gaan woon.
1,080
Die Here het die hemel en die aarde in ses dae geskape. Op die sewende dag het Hy gerus. Hy het nie gerus omdat Hy moeg was nie - Hy het Hom verlustig in sy handewerk. Van daardie dag af het God beveel dat die dag as ‘n rusdag onderhou moes word.
1,081
Ons moet dus besef dat hierdie besondere dag ‘n dag is wat sy eie verantwoordelikhede met hom saamdra.
1,082
Gehoorsaamheid aan God beteken dat ons die manier waarop ons die dag benut, sal doen volgens die reëls wat God neergelê het.
1,083
Soek God terwyl Hy Hom laat vind - so staan dit mos geskryf! Dit geld seker ook van die Sabbat. Daarom moet ons die dinge wat van die Sondag ‘n Sabbat maak, nakom:
1,084
Ons moet God in ons aanbidding en in ons rus soek, terwyl Hy ons nog in die aardse tyd die geleentheid daarvoor skenk.
1,085
Ons sal daar geen sonde doen nie. Romeine 6:11 maak dit tog duidelik dat ons liggame vir die sonde dood sal wees, maar lewend vir Christus.
1,086
Daarby het die ware gelowige ook die spanning rondom die oordeel van die Here oor ons sondes wat elke dag meer word!
1,087
Ons het die waarborg dat ons in hierdie Sabbatsrus sal ingaan deur die kruis van die Here Jesus. Hy het verklaar dat Hy weggaan om juis die plek waar ons hierdie ewige rustyd gaan deurbring, voor te berei!
1,088
Die polisie in die Oos-Kaap het die afgelope naweek drie mans in hegtenis geneem vir die beweerde moord op ʼn […]
1,089
Die Inkomstediens het erken dat hy min tyd het om sy I.T-stelsel op te gradeer nadat dit bekend gemaak is […]
1,090
“Liewe kinders, julle is almal my kinders, ek houvan julle. Maar, my liewe kinders, vergeet nie dat jy nie naby my kan wees as jy nie bid nie. Satan wil in hierdie tyd in jou hart en in jou gesin verwarring stig. Liewe kinders, laat nie toe dat hy julle en jou lewe in die verkeerde rigting stuur. Ek hou van julle en spreek by God vir julle ten beste. Liewe kinders, bid! Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ”
1,091
“Liewe kinders, vandag verheug ek my met julle en nodig ek jou uit jou vir my oop te stel om in my hande 'n instrument tot redding van die wêreld te word. Ek verlang, liewe kinders, dat julle almal die boodskappe wat ek jou gee, en waarvan julle die reuk van heiligheid het opgemerk, sal uitdra in die wêreld, die wat honger is na God en na God se liefde. Ek dank jz, dat jz met so baie mense volg en seën vir julle almal met my moederlike seën. Dankie dat jy aan my oproep gevolg gegee het. ”
1,092
“Liewe kinders, vandag vra ek jou die besluit te neem met geduld tyd te spandeer aan die gebed. My liewe kinders, jy kan nie sê dat jy My behoort en deur my boodskappe bekeer is, as jy nie bereid is elke dag tyd vry te maak vir God. Ek is naby aan julle en seën vir julle almal. My liewe kinders, vergeet nie dat jy, as jy nie bid nie, nie naby My is, en ook nie by die Heilige Gees, wat jou lei op die pad na die heiligheid. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ”
1,093
“Liewe kinders, ek is met julle en verheug my ook vandag oor die geskenk van die Allerhoogste dat ek by julle mag wees om jou te onderrig en op die weg van die volmaaktheid te lei. My liewe kinders, ek sou wil hê dat jy 'n pragtige ruiker blomme vorm, dat ek God op die fees van Saints kan aanbied. Ek roep jou op jou hart oop te maak en te lewe volgens die voorbeeld van die heiliges. Ons Moeder die heilige Kerk het hulle uitgekies om vir julle in die daaglikse lewe 'n aansporing te wees. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ”
1,094
“Liewe kinders, vandag verheug ek my met julle en bid vir vrede: vrede in jou hart, vrede in jou familie, vrede in jou begeertes, vrede in die hele wêreld. Mag die Koning van die Vrede julle vandag seën en vrede skenk. Ek seën julle en dra elkeen van julle in my Hart. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ”
1,095
Ek hoop die ouers van Delmas lees hierdie berig en dink 2 keer voordat hulle (met toestemming) hul motors vir kinders sonder bestuurslisensies gee om on die dorp rond te jaag! Dis vreeslik wat met die Munisipale werkers gebeur het, ek hoop die seun is bereid om vir die res van hul lewens tot hul versorging by te dra!
1,096
My hart gaan uit na die werkers toe ….. ek hoop die kind kry sommer ‘n helse pak slae en ook ander straf….. dis onaanvaarbaar nou hoop ek hy gaan vir die res van sy lewe bydrae …. dit was nou so onnodig en nou moet die ouers met die gebakte pere en problem sit !!!! hy was veronderstel om in die skool te wees !!!! dalk nog skool ‘gebunck’ ook …. nog ‘n pakslae of straf boet!!!!
1,097
Nou hoe weet die polisie selde wat aangaan? Maroela wag vir kommentaar. Hy moet arresteer word vir poging tot moord. Geen lisensie so hy moes die moontlikheid voorsien het dat hy iemand kan dood of ernstig beseer. Waar was sy ouers. Sy velle moet ook waai!!
1,098
Winston jy span die wa voor die perde of het die kat aan sy stert beet! Behalwe wat jy oor polisie sê is eintlik dat ons nie op polisie meer kan staatmaak nie. Lisensie gee nie skielik verantwoordelikheid nie.
1,099
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die 24-jarige man is omstreeks 10:00 by sy huis in hegtenis geneem. Hy is Saterdag die eerste keer in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen.