id
int64 0
517k
| text
stringlengths 99
46.9k
|
---|---|
1,300 | Wat ek veral van die boek gehou het, is die balans tussen die beskrywing van ware gebeurtenisse, die stel van die 'teorie', Skriftuurlike fundering en praktiese riglyne vir die leser hoe om sekere sake te hanteer. |
1,301 | As ek dus begin dink aan voornemens vir 2017 is ek op soek na volhoubare ritmes en gewoontes waar my eintlike prioriteite so natuurlik soos asemhaling is en nie elke keer vou onder die druk van ʼn besige tyd nie! Doelwitte rig vir my die pad na die wat ek word, maar ritmes bepaal die wie ek word en verklap ook baie keer die wie ek reeds is! |
1,302 | Bora het Vrydag onvoorwaardelik om verskoning gevra die toertjie en die gevaar wat dit vir talle ander mense ingehou het. |
1,303 | Volgens die verslag, wat pas in die Nature Geoscience gepubliseer is, kom die water op die oppervlak van die maan voor. Die “magmawater” kan nou deur afstandtegnologie bestudeer word en kom van diep onder die oppervlak van die maan af. |
1,304 | Vyf jaar gelede het nuwe tegnieke aangedui dat die maan se binneste nie so droog is soos aanvanklik geneem is nie, en terselfdertyd het tuie wat om die maan wentel water op die oppervlak bemerk. Daar is aanvaar dat dit ‘n dun lagie was wat deur die sonwinde veroorsaak is. |
1,305 | Jy hoor baie die woorde die maan skep (Geen reën) of hy gooi (Moontlikheid vir reën goed). As hy gooi trek die swaartekrag van die aarde die water soos ‘n waterval van die maan af en die wolke is dan soos ‘n sif en siedaar dit reën. As hy skep is dit dan logies die water lê bo-op die maan en kan nie afrol. Leer ek nou daai weteskaplikes iets wat hulle nie geweet het nie en hulle dink hulle is slim. |
1,306 | Sit jou slim kind, jy is verseker nie van die maan gepla nie. Die man in die maan,wat van kaas gemaak is, sien neer op die aardbewoners. Ek het jare gelede al my vraatjies op my hand ook na die maan geblaas en nog nooit weer vraatjies gekry nie. |
1,307 | Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie. |
1,308 | Die loggia kan deel van 'n gebou wees of selfs losstaande voorkom. 'n Moderne variant hiervan is 'n balkon wat binne die (skuins) dakvlak lê. |
1,309 | Die loggia was hoog in die mode tydens die Renaissance. In die besonder in Florence, Italië is die loggia heelwat gebruik, dikwels op hoeke van huise of op die boonste verdieping, direk onder die dak. 'n Beroemde voorbeeld is die Loggia dei Lanzi. |
1,310 | Ultimate Army - dit is 'n groot wedstryd vir die ouens wat graag 'n verskeidenheid van strategieë te reël. In dit wat jy sal kom met 'n strategiese plan, waardeur jou karakter sal in staat wees om die oorlog met sy kwaai en geslepe vyand te wen. Gryp die land van julle vyande saam met jou Supernova tenks en werf 'n leër van die vyand met slim veg. |
1,311 | Die polisie soek na die rowers wat ’n hoenderboer Sondag verskeie kere geskiet het in ’n gewapende rooftog op sy plaas naby die Lanseria-lughawe in Johannesburg. |
1,312 | Twee sekerheidswagte is Sondagaand koelbloedig doodgeskiet terwyl hulle ’n konstruksieterrein op die Sweet Home Farm in Philippi opgepas het. |
1,313 | ’n Boot wat die naweek in Witsand in die Suid-Kaap gesteel is, is in Blackheath in Kaapstad gevind waar hy van sy onderdele gestroop en aan die brand gesteek is. |
1,314 | Die beleggingsmaatskappy Brait het die groeiteiken vir sy bates wat hy aan beleggers beloof het, ver misgeloop, toon sy jongste resultate vir die halfjaar tot einde September. |
1,315 | Hoewel, as dit ’n resensie was, sou ek vir jou gesê het Kanarie is een van die beste Afrikaanse flieks wat ek in ’n lang tyd gesien het. |
1,316 | Hoewel wit én swart Suid-Afrikaners in die Eerste Wêreldoorlog opofferings gemaak het, het hul belonings verskil, skryf Martin Plaut. |
1,317 | Vanjaar was ’n grote vir Hyundai-lewenstylers. Die splinternuwe Santa Fe buig eersdaags in Suid-Afrika, kort op die hakke van die oulike nuwe Kona, terwyl die Tucson en Creta ook onlangse vernuwings ondergaan het. Egmont Sippel het die gekuurde Creta-turbodiesel bestuur. |
1,318 | Hulle het asem opgehou ná mediaberigte uit Nederland wat beweer het Thulani Serero het ’n enkelbesering opgedoen. Dié Bafana Bafana-ster het egter met sy aankoms in Suid-Afrika gesê hy het ’n sny met vyf steke, wat byna weer reg is. |
1,319 | Mense sien dit soms as ʼn oorlewingskursus of strafkamp, maar die teendeel is egter waar. Dit is ʼn avontuur en kosbare leerskool vir die lewe. Elke seun leer homself tot in sy diepste wese ken. Dis hier waar hy grense oorsteek en verskuif, van ʼn berg ʼn molshoop maak, vrese oorwin en nader aan sy Skepper leer leef. |
1,320 | Dié boodskap dat Paulus met God se gesag praat, is nie terloops nie. Paulus onderstreep dit doelbewus, want sy geloofwaardigheid is op die spel onder ‘n deel van die gemeente. Hy word om raad gevra vir die geestelike lewe, maar sommige twyfel aan sy gesag. Hulle wil weet oor die huwelik, oor die eet van afgodsoffers, oor die beoefening van geestelike gawes, oor die opstanding uit die dood, oor hofsake tussen gelowiges, oor die nagmaal. En hy gaan hulle antwoord. Deeglik antwoord. Maar, hy moet eers sy geloofwaardigheid bevestig, want hulle wil weet: “op wie se gesag sê jy wat jy sê?” |
1,321 | Paulus sê dus reeds aan die begin dat die dinge wat hy gaan kwytraak oor die praktiese geestelike lewe is nie sommer maar net so nie. Dit is nie uit die lug uit gegryp nie. Hy sê dit op gesag van God self. Dit is God wat aan “sy gemeente” die praktiese riglyne van die geestelike lewe bring. Paulus is sy gestuurde, sy apostel, die een wat dit aan hulle moet bring. Maar sy gesag lê in God self, nie in homself nie. |
1,322 | Dit is waarom Paulus se briewe ingesluit is in die NT kanon en as gesagvolle Woord van God hanteer is. Dit is waarom dit deel vorm van ons Bybel, want dit dra die stempel van God se goedkeuring, van God se gesag. Ons hoor God se Woord as ons hierdie brief van Paulus lees. En daarom het wat Paulus gaan sê oor die huwelik en oor die nagmaal en oor die lewe na die dood gesag in ons lewens. Dit kom van God af. |
1,323 | Trouens, dit is ook die enigste gesag wat ek as prediker het, om so getrou as moontlik die woorde van Paulus uit te lê, sodat wat hy sê duidelik kan oorkom, nie wat ek sê nie. Ook my gesag lê dus in die ooreenstemming met Paulus se woorde, soos sy woorde in ooreenstemming is met die boodskap wat God aan die gemeente bring. |
1,324 | Hierdie Woord wat ons dus gelees het vandag is gesagvol. Dit kom van God af. Jy kan daarop vertrou. Jy kan dit glo en jy kan dit leef. Dit is bedoel vir jou. Trouens, jy is ingesluit in die gehoor. Jy is deel van die “gemeente van God”. |
1,325 | Op die verwagting wat daar in hulle is dat die Here Jesus Christus weer sal kom. Want, dit is omdat hulle na sy verskyning – sy “openbaring” – uitsien dat hulle die moed het om op Hom te vertrou om hulle enduit te laat vasstaan, sodat niemand ‘n vinger na hulle sal kan wys, dié dag dat die Here Jesus weer kom nie. Hulle is geroep om met Hom verenig te lewe en God is getrou om hulle standvastig te maak tot die einde toe. |
1,326 | Op die verklaring van God self: “Dit is Hy wat julle ook enduit sal laat vas staan.” Ons is nie aan onsself oorgelewer nie. Ons hoef nie op ons eie krag of vermoëns staat te maak nie. HY sal sorg dat daar geen aanklag teen ons sal wees op die dag dat ons Here Jesus Christus kom nie. God is getrou. Hy het ons geroep om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here. |
1,327 | Dit is die drie gawes van God wat jy vir jouself kan toeëien vandag. Die een lê in die verlede en vorm jou identiteit vandag as kind van God. Die ander lê in die toekoms, in die openbaring van die Here Jesus, wat ons aan die einde van die tyd verwag wat jou gedrag vandag bepaal. En die laaste lê in die hede, in die verklaring van God dat Hy jou enduit sal laat vas staan. |
1,328 | Ons geloof in Christus is gebaseer in die derde plek op die verklaring van God self: “Dit is Hy wat julle ook enduit sal laat vas staan.” Ons is nie aan onsself oorgelewer nie. Ons hoef nie op ons eie krag of vermoëns staat te maak nie. Die belofte wat God ons gee is dat Hyself sal sorg dat daar geen aanklag teen ons sal wees op die dag dat ons Here Jesus Christus kom nie. Dit is hierdie God wat getrou is. Dit is hierdie God wat ons geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here. En Hy sal sorg dat ons dit enduit sal kan regkry, dat ons enduit sal vas staan. |
1,329 | Hierdie eerste Adventsondag is eintlik die Christelike Nuwejaarsdag, die eerste dag van die nuwe kerklike jaar waarin ons die goedheid van die Here in die geskiedenis deur verskeie geestelike seisoene vier. |
1,330 | Terwyl ons steeds gekonfronteer bly met ons eie sondigheid en ons gebrokenheid, leef die verlangende uitsien na die volmaakte herstel van alle dinge ook in ons harte. Ons is geseën met God se genade in die Here Jesus Christus. Ons het die verwagting dat die Here Jesus weer sal kom. En ons het die verklaring van God self. Hy sal sorg dat ons enduit vas sal staan. |
1,331 | Lekker om die kaggel,en n goeie glasie rooiwyn.Oor twee weke van nou gaan die kraaie gaap in die Kaap.My hart gaan egter uit aan die wat geen heenkome het nie. |
1,332 | Ek dink dieretuine moet oor die algemeen beter lewensomstandighede aan diere bied wat nader aan hul natuurlike habitat is. |
1,333 | “As ‘n taal twee woorde vir korrupsie het, dan weet jy daar is ‘n groot skroef los.” So skryf die Griekse ekonoom, Jason Manolopoulos. Sy boek, ‘Greece’s Odious Debt’ skets ‘n somber prentjie oor hoe moeilik dit nou sal wees om korrupsie in die land uit te roei. |
1,334 | Nie alleen sukkel die staat om te vorder wat die keiser toekom nie, die keiser dok ook op waar hy nie moet nie. Salarisse van amptenare wat lank reeds dood is, word steeds betaal, en daar is vele meer voorbeelde van uitgawes wat daar nie moes wees nie. |
1,335 | Terwyl verskeie misdaadtipes in Suid-Afrika volgens die polisiestatistiek minder word, neem handelsmisdaad steeds skerp toe. Op die jongste korrupsiepersepsie-indeks het Suid-Afrika in een jaar met tien plekke teruggesak, met verskeie Afrikalande wat as minder korrup as Suid-Afrika beskou word. Suid-Afrika beklee nou die 64ste plek teenoor Botswana in die 32ste en Namibië in die 57ste plek, met verskeie Afrikalande tussenin. |
1,336 | Groter diversifikasie van handelsbande is noodsaaklik, maar nouer bande met Indië, 95ste op die indeks, China (75ste), Zimbabwe (154ste), Venezuela (172ste), Angola (168ste) en Viëtnam (112ste) kom teen ‘n prys. |
1,337 | Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis. |
1,338 | Geen iemant het die reg om n vrou/meisie teverkrag nie as jy as man waardes en selfrespek het sal jy weet dis nie reg om sex teen iemant se wil tevat so baie mense blameer altyd die slag offer maar regverdig wat die oortreder gedoen het ek se you did the crime you must do the time |
1,339 | Marlise het eers ongeveer tien jaar gelede, nadat sy Frankryk besoek het, ordentlik aan die kook gegaan en begin nalees oor kos. “Ek het voorheen van kook gehou, maar kon dit nooit regtig uitleef op universiteit nie omdat ’n mens maar op ʼn armmansbegroting leef. In my ma-hulle se huis wou my ma nie regtig hê ons moet in haar kombuis eksperimenteer nie – sy het gesê ons gaan net mors,” skerts sy. |
1,340 | Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red |
1,341 | Waar ‘n rokie trek is daar ‘n vuurtjie. Ek dink nie die pers het oorgereageer met die nuus oor die aankoop van die lokomotiewe nie. Daar is beslis ‘n ernstige probleem en die belastingbetalers gaan maar weer vir die oeps en die gepaardgaande goue handdrukke betaal. |
1,342 | “… spreek sy waardering en bedanking uit vir die uitsonderlike leierskap en rigtingwysing” en dan work hy afgedank? Dit het nie dalk te doene met die treine wat onveilig bevind is oor hulle te hoog vir die spoorlyne is nie? |
1,343 | Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het pas hul kortlys vir die gesogte beste skeppende skryfwerk in Afrikaans bekend gestel. |
1,344 | Prof. Marné Pienaar, die sameroeper, het gesê in 2000 het die UJ twee pryse vir Skeppende Skryfwerk in Afrikaans ingestel, naamlik die UJ-prys vir die beste skeppende werk in Afrikaans; en die UJ-prys vir die beste skeppende debuutwerk in Afrikaans. “Altesaam 59 inskrywings vir werke wat in 2012 verskyn het, is ontvang. Na afloop van die keurproses kan ons nou die kortlys bekend stel,” het Pienaar gesê. |
1,345 | Die wenners sal op 1 Oktober aangekondig word en die oorhandiging van die pryse vind op 10 Oktober by die UJ plaas. |
1,346 | • Indien diere nie gejag word nie, moet jagter met skenker reël vir ‘n ander datum in die 2018 jagseisoen waar die jagter dan verantwoordelik sal wees vir die dagfooie, ens. |
1,347 | Ons het alles 'n groot werf moet aanlyn wees, kies jou beste opsie wat jy wil hê vir jou webwerf begin dit beskikbaar aan jou gehoor op die web. |
1,348 | Ons het die ideale oplossing vir jou en jou maatskappy! Jy het nog nooit so naby aan wen nuwe kliënte deur middel van die internet was |
1,349 | Beskikbaar vir alle hosting planne meer as 200 webwerf templates gereed om te wysig en gebruik op jou site as jy wil. |
1,350 | Flash spel aanlyn op qazgames.com. Op die webwerf wat jy kan speel gratis aanlyn-speletjies sonder registrasie en mini-games kan jy dit aflaai gratis |
1,351 | Al die opposisiepartye in die parlement, op die uitsondering van die Vryheidsfront Plus na, het onlangs in die Nasionale Vergadering ‘n wetswysiging ondersteun wat dit nog moeiliker vir minderhede gaan maak om werk te kry, of vir bevordering te kwalifiseer. |
1,352 | Die artikel, Dit gons oor die DA se ja vir dié wet stel die kritiek van onder meer prof. Hermann Gilliomee aan die bod, terwyl die middelblad afgestaan word aan nog kritiek op die DA se besluit, én die DA se verweer. |
1,353 | Buys se rubriek val met die deur in die huis: ‘Die “nuwe” Suid-Afrika het Donderdagmiddag 24 Oktober om 15:28 stilweg tot ’n einde gekom. Die geleentheid was die parlement se feitlik eenparige aanvaarding van drakoniese rassewetgewing met die toepaslik onvanpaste naam van die “Wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming.” Ná hierdie wet is Suid-Afrika nie meer “nuut” nie, maar weer ’n rasgebaseerde land. Die rede vir die stille heengaan van die “nuwe” Suid-Afrika is dat die DA-leierskap die ras-tellende-aksie-wetswysiging amptelik ondersteun het. Ook het die media tydens die eenstemmige begrafnisdiens skynbaar ’n uiltjie geknip. Alles om die kiesers nie so kort voor die verkiesing te ontstel nie.’ |
1,354 | Baie van dieselfde mense wat so maklik die vinger na “die swartes wys wat deur hul stemme vir die ANC hul onkunde toon” staan self agter die deur deur volstruispolitiek te speel en die gevaar te loop om deur hul stemme hul eie beginsels liederlik in die voet te skiet. |
1,355 | Met die EFF in die prentjie sal die ANC moontlik meer na links neig om kiesers tevrede te stel, net om weer op sy beur weer die DA op sleeptou te neem. |
1,356 | Stem in die komende verkiesing VF+ en as die DA vir jou omgee sal hy sy beleid verander en kan jy weer volgende keer vir hom stem. |
1,357 | As die DA nie nou ‘n les geleer word nie, gaan hulle ons net soos die NP gebruik en weerloos agterlaat wanneer dit hulle pas. |
1,358 | Business Day het verlede week ‘n lang skrywe gepubliseer oor die VF en sy leier Pieter Mulder. Hierdie skrywe is ook wyd op die sosiale media versprei. Daarin beskuldig hulle die VF se verlies aan kiesers direk toe aan Mulder se deelname aan die ANC-regering. Hy moet per slot van sake sy meesters se opdragte uitvoer. Ekself stem nie ANC dmv die VF nie. As Mulder onttrek aan die ANC sal ek weer stem, en vir die VF stem. |
1,359 | Hoe kan n stem vir die VF Plus n stem vir die ANC wees net omdat Pieter Mulder adjunkminister is? Dis al holrug gery en DA propaganda teen die VF Plus. Feit vd saak is die DA het vir die wet gestem en die VF Plus daarteen. Wie is nou saam die ANC? Daar is geen verskil meer tussen die DA en ANC nie en hulle wedywer nou om swart stemme te kry. Die DA het sy rug gedraai op minderhede en dis tyd dat minderhede hul rug nou draai op die DA. Die VF Plus is die enigste party wat opstaan en sterk staan vir minderheidsregte. My stem sal altyd gaan aan die VF Plus. |
1,360 | “Interpol se uitleweringstaakspan het na die verdagte begin soek nadat ʼn versoek in Maart vanjaar van die Kanadese owerheid vir sy uitlewering ontvang is,” het Naidoo gesê. |
1,361 | Die man sal na verwagting Donderdag in die Benoni-landdroshof verskyn waar daar ʼn aansoek vir sy uitlewering ingedien gaan word. |
1,362 | Die verdagte, wie se naam nie bekend gemaak mag word voordat hy in die hof verskyn het nie, is die derde persoon wat dié taakspan die afgelope tyd vasgetrek het. |
1,363 | Die Eerste Wêreldoorlog was die eerste oorlog waarby lande van die hele wêreld betrokke was. Dit het van 1914 tot 1918 tussen die Geallieerdes en die Sentrale Moondhede[5] plaasgevind en het al die wêreld se groot moondhede betrek.[6][7] As gevolg van sy sterk teenwoordigheid in die kollektiewe herinneringe van Frankryk en die Engelstalige wêreld staan dit daar steeds bekend as die Groot Oorlog (Engels: The Great War, Frans: La Grande Guerre).[8] |
1,364 | Die oorlog is hoofsaaklik veroorsaak deur die konflikte van die drie groot magte Oostenryk-Hongarye, die Ottomaanse Ryk en die Russiese Ryk op die Balkanskiereiland en die ontluikende nasionalisme van die plaaslike bevolking. Hierdie konflikte het uitgeloop op die sluipmoord op aartshertog Frans Ferdinand en sy vrou Sophie Chotek, wat oor die algemeen beskou word as die oorsaak van die oorlog. Langtermyn-oorsake, soos imperialistiese buitelandse beleid van die groot magte van Europa, soos die Duitse Keiserryk, Oostenryk-Hongarye, die Ottomaanse Ryk, die Russiese Ryk, die Britse Ryk, Frankryk en Italië het ook ’n belangrike rol gespeel. Verskeie alliansies wat oor die vorige dekades gevorm het, het mekaar gesteun en binne ’n paar weke ná die sluipmoord het die groot moondhede oorlog gevoer. Hulle het die konflik deur hul kolonies vinnig oor die hele wêreld versprei. |
1,365 | Oostenryk-Hongarye het die Bosniese krisis van 1908–09 ontketen deur die amptelike anneksasie van die voormalige Ottomaanse grondgebied Bosnië en Herzegowina, wat sedert 1878 beset is. Dit het die Koninkryk van Serwië en sy beskermheer, die pan-Slawiese en Ortodokse Russiese Ryk, ontstig.[14] |
1,366 | Die Eerste Wêreldoorlog het ’n definitiewe wegbreek van die ou wêreldorde gebring en die absolute monargieë in Europa finaal beëindig. Na-oorlogse pogings om baie van die oorsake en gevolge van die oorlog doeltreffend te hanteer het gelei tot die ontstaan van fascisme in Italië, die nasionaalsosialisme in Duitsland en die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog twee dekades later.[31] Die oorlog was ook die katalisator vir die Russiese Rewolusie, wat later kommunistiese en sosialistiese rewolusies in ander lande soos China en Kuba sou inspireer, en dit het die basis vir die Koue Oorlog tussen die Sowjetunie en die Verenigde State gevorm. Die einde van die Ottomaanse Ryk in die ooste het ’n demokratiese opvolgstaat, Turkye, tot gevolg gehad. In Sentraal-Europa is die nuwe lande Tsjeggo-Slowakye en Joego-Slawië gestig, en Pole is herskep. Die oorlog was ook ’n oorsaak vir die Ierse opstand teen die Verenigde Koninkryk en die stigting van die Republiek van Ierland ná die Tweede Wêreldoorlog, wat reeds tussen 1917 en 1921 onafhanklik geword het. Die Britse kolonies soos Australië, Brits-Indië, Kanada, Newfoundland, Nieu-Seeland en Suid-Afrika het outonoome lande binne die Britse Ryk geword. |
1,367 | Aktiwiteite van Frankryk en die Britse magte[n 3] in die ooste van die voormalige Ottomaanse Ryk het uiteindelik verskeie latere konflikte tot gevolg, insluitend die Israel-Palestynse konflik, die Grieks-Turkse konflik om eilande in die Egeïese See en Siprus, die Iran-Irak-konflik van die 1980's, en die gepoogde landbesettinge van die 1990's deur Irak in Koeweit. Die Grieks-Turkse konflik wat in 1924 geëindig het, was die laaste groot, direkte konflik van die oorlog. Ander konflikte met ’n oorsprong in die Eerste Wêreldoorlog is die Midde-Oosterse konflik, die konflikte in die Kaukasus-streek en op die Balkanskiereiland. |
1,368 | Die Volkebond is as gevolg van die oorlog gestig in die hoop om ’n tweede wêreldoorlog te voorkom. Die groei van die Europese nasionalisme as gevolg van die oorlog, die ontbinding van ryke en die Verdrag van Versailles het gelei tot die begin van die Tweede Wêreldoorlog in 1939.[13] |
1,369 | “Liewe kinders, ook vandag roep ek jou op tot gebed. Opnuut jou persoonlike gebed en bid spesiaal vir die Heilige Gees sodat Hy jou kan help met die hart te bid. Ek praat vir elkeen van julle ten beste, my liewe kinders, en roep julle almal tot bekering op. As jy jou bekeer, sal ook almal om jou heen vernuwe word en sal die gebed 'n vreugde vir hulle is. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” |
1,370 | “Liewe kinders, vandag roep ek jou op, die gebed in jou lewe op die eerste plek te sit. Bid, my liewe kinders, en mag die gebed vir julle tot vreugde wees. Ek is met jou en spreek vir elkeen van julle ten beste. Liewe kinders, wees bly draers van my boodskappe. Mag jou lewe saam met my vir julle 'n vreugde wees. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” |
1,371 | “Liewe kinders, in hierdie barmhartigheid tyd Ek roep jou tot gebed op. Liewe kinders, jou werk baie, maar sonder God se seën. Soek die wysheid van die Heilige Gees, sodat Hy julle in hierdie tyd mag lei, sodat jy kan verstaan en in die genade van hierdie tyd kan lewe. Bekeer jou, liewe kinders, en kniel in die stilte van jou hart neer. Plek God in die sentrum van jou wese, sodat jy in blydskap kan getuig van die skoonheid wat God jou onophoudelik in jou lewe gee. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” |
1,372 | “Liewe kinders, jy soek die vrede en jy bid op verskillende maniere, maar jy het God jou hart nog nie gegee nie, sodat Hy dit kan vul met sy Liefde. Daarom is ek by elkeen van julle om jou te onderrig en om jou nader te bring by God se Liefde. As jy God bo alles liefhet, sal dit maklik wees om te bid en jou hart vir Hom oop te maak. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” |
1,373 | “Liewe kinders, vandag nodig ek jou uit jou deur gebed en offer voor te berei op die koms van die Heilige Gees. My liewe kinders, dit is 'n tyd van genade. Daarom roep ek jou weer op te kies vir God, julle Skepper. Staan Hom toe om jou om te vorm en jou te verander. Mag jou hart gereed is om alles te hoor en na te leef wat die Heilige Gees met elkeen van plan is. My liewe kinders, staan die Heilige Gees toe julle op die weg van die waarheid en die heil na die ewige lewe te lei. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” |
1,374 | “Liewe kinders, vandag nooi ek jou uit om God te verheerlik; dat die Naam van God in jou hart en in jou lewe heilig mag wees. My liewe kinders, as jy bly in God se heiligheid, dan is God met julle en skenk Hy jou vrede en vreugde wat jy net van God verkry deur die gebed. Opnuut daarom, my liewe kinders, die gebed in julle gesinne. Dan sal julle hart die naam van God verheerlik en sal die hemel in jou hart wees. Ek is naby julle en spreek by God vir julle ten beste. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” |
1,375 | “Liewe kinders, vandag wil ek jou bedank vir al die gebede en offers wat jy my in hierdie maand, wat aan my is toegewyd, het gebring. My liewe kinders, ek wil graag dat jy almal aktief word in hierdie tyd, wat deur my op besondere wyse met die hemel verbind is. Bid, om beter te kan verstaan, dat julle almal deur julle lewe en voorbeeld mee moet werk aan die werk van die Verlossing. My liewe kinders, ek wil graag dat die mense hulle bekeer en in julle my en my Seun herken. Ek sal vir elkeen van julle ten beste spreek en jou help self tot lig te word. As jy ander help, kom dat jou eie siel ook ten goede. Dankie dat jy aan my oproep gevolg gegee het. ” |
1,376 | Die wondertekens bevestig dat Hy die Here is, en niemand anders nie. Daarmee word ‘n boodskap nie net vir die Godsvolk van alle tye gestuur nie, maar ook aan alle nasies. Jahwe seën of straf dié wat Hom gehoorsaam of teenstaan, soos die plae in Egipte onomwonde illustreer. |
1,377 | Moses en Aäron het toe die farao gaan aanspreek oor sy weiering om die volk te laat gaan. Indien hy sou volhard daarin sou die volgende plaag hom en sy land tref, ‘n sprinkaanplaag. Daarmee is hulle weg om te wag vir die plaag die volgende dag. |
1,378 | Die plae wat tot dusver aan die orde gekom het, onderstreep eintlik al hoe helderder dat die Israeliete God se uitverkore volk was. Dit raak duidelik dat Hy nie sou rus voor die verlossing en seën wat Hy vir hulle beplan het, in die werklikheid van hulle gemeenskapslewe sou realiseer nie. Want, Hy is hulle God, soos hoofstuk 10 verder onderstreep. |
1,379 | Hierdie wondertekens sou ‘n onuitwisbare indruk maak op die korporatiewe geheue van Israel vir die eeue wat sou kom. |
1,380 | Die doel van hierdie herinnering is dat gelowiges herinner sou word dat hierdie God dieselfde sal doen vir enigiemand wat Hom ernstig neem en hulle op sy troue liefde verlaat. Die teendeel is natuurlik ook waar, want sy verlossing is inderdaad ‘n verlossende oordeel. Dié wat Hom gehoorsaam, deel in sy seën. Dié wat Hom teenstaan, deel in sy straf. |
1,381 | Die boodskap van die plae in Egipte het dus ‘n blywende boodskap vir beide die Godsvolk en die ander nasies gehad het. Die wrede werklikheid is dat enige opstand teen God op die lange duur destruktief is. Daarteenoor is die wonderlike waarheid dat waar met God gewaag word, selfs in moeilike omstandighede, word jy ingetrek in ’n verhouding waarin Hy sy verbond met jou sluit om jou te verlos, versorg en te vestig. |
1,382 | Daarop kan jy staatmaak. En as dié waarheid vir jou oopgaan, sal jy ook geen probleem hê om sy voorskrifte na te kom nie, soos dit later in Eksodus 20-24 en in die boek Levitikus uitgespel sal word. |
1,383 | “Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.” (:18). |
1,384 | "Hierdie boek is vir my uiters kosbaar! Ons kinders word deesdae selfs so vroeg soos kleuterskool al gedruk om te presteer. En iewers raak die druk en stres net te veel. Hierdie boekie gee vir jou as ouer begrip vir die swart hond van depressie. Dit het ook my man baie gehelp, want depressie is iets wat hy voorheen glad nie kon verstaan nie." - Posted on 10/31/13 |
1,385 | Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het… naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en in die psalms oor My geskrywe is (Lukas 24:44) |
1,386 | Eeue later, maar ons doen steeds vandag soos wat Naäman gedoen het. Ons lees dat Naäman ‘n leërowerste was wat groot aansien gehad het. Hy het hierdie aansien nie verkry deur sy eie vernuf nie, maar deur die werking van God se Hand. Die feit dat hy egter aan melaatsheid gely het, het Naäman se lewenskwaliteit aansienlik ingeperk. Net soos wat dit God se Wil was om van Naäman ‘n aansienlike man te maak, so was dit Sy Wil om hom ook van sy melaatsheid te genees. Net soos wat God Naäman se aansien vir hom bewerk het, het Hy die pad van genesing vir hom gelê. Naäman het nie vir God gevra om die klein dogtertjie na hom te stuur wat hulle sou vertel van die genesing wat daar vir hom beskore is in Israel nie. Dit was deur God se onbegryplike wysheid dat hierdie plan van Naäman se lewe soos ‘n legkaart inmekaargepas het. |
1,387 | Die omstandighede rondom ons kan ‘n mens baie maklik tot negatiwiteit stem. Die besef en die wete dat ons Koningskinders is kan ons net so maklik hoogmoedig en hofvaardig maak. Dit is dalk tyd vir my en u om ook te verseker dat ons met die regte ingesteldheid die lewe benader. Is dit nie dalk tyd dat ons die hofvaardige opmerkings laat staan om daadwerklik te begin om soos egte, edele, Koningskinders ywerig te begin werk om ‘n verskil teweeg te bring in die geweldige slegte toestand in ons Vaderland en volksgenote nie? |
1,388 | Die meeste personeellede wat deur die moontlike afleggings geraak word, is tans bestuurders of uitvoerende beamptes. |
1,389 | Bekende kunstenaars soos Emo Adams, Sarah Theron en Kwesta gaan vanjaar die vermaak verskaf ten tyde van die aanskakeling van die Kersfeesliggies in Kaapstad. |
1,390 | Op ’n spesiale raadsvergadering Donderdag is bekendgemaak dat die huidige watertariewe aangepas sal word ingevolge ’n openbaredeelnameproses, waarna die raad ’n besluit sal neem oor aangepaste waterbeperkings, volgens die Oudtshoorn-munisipaliteit se Facebook-blad. |
1,391 | Dit kom nadat Oudtshoorn se stadsraad vroeër vandeesmaand die dorp as ’n rampgebied verklaar het weens ’n waterkrisis. ’n Waterkrisiskomitee, bestaande uit raadslede en senior bestuurslede van die Oudtshoorn-munisipaliteit, is ook verlede week op ’n spesiale raadsvergadering gekies. Spesiale aandag sal gegee word aan die herstel van lekkasies in die groter Oudtshoorn. |
1,392 | Tertius Simmers, die DA se kiesafdelingshoof vir Oudtshoorn, sê in ’n verklaring hoewel die gebied meer reënval gekry en die damvlak gestyg het, moet almal saamwerk om seker te maak dat die gebied se watervoorraad nie opraak nie. |
1,393 | Volgens Simmers het hy aan Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, geskryf om te vra dat sy departement meganismes in plek stel en bystand verleen aan die Oudtshoorn-munisipaliteit om die droogte die hoof te bied. |
1,394 | Volgens Simmers sal watertariewe aangepas word wat onderworpe is aan ’n een maand lange openbaredeelnameproses. Daarna sal die Oudtshoorn-stadsraad ’n besluit neem oor die aangepaste waterbeperkings. |
1,395 | Hy sê die huidige waterkrisis moenie gesien word as ’n tydelike verskyning wat in ’n jaar of twee opgelos gaan word nie, omdat die veranderlikheid van die weer op die teendeel dui. Dit is ’n langtermyn-probleem wat substansiële ingryping van die regering sal verg om toe te sien dat die Groter Oudtshoorn se watervoorraad volhoubaar is. |
1,396 | Volgens hom is die DA in die Wes-Kaap daartoe verbind om seker te maak dat die regte bronne in plek is om die mees kwesbare gemeenskappe teen die droogte te beskerm. |
1,397 | Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vandeesmaand bekend gemaak dat die oostelike gedeelte van die Wes-Kaap, en in besonder Oudtshoorn, bogemiddelde temperature en ondergemiddelde reënval vir die volgende ses maande kan verwag. |
1,398 | Die Afrikaanse sanger Adam Barnard is Dinsdag in ’n Pretoriase hospitaal opgeneem waar hy vir die volgende twee weke hemodialise-behandeling gaan ontvang. |
1,399 | Tydens dié roetineprosedure verwyder ’n dialisetoestel gifstowwe uit sy liggaam sodat dit gesond genoeg kan wees voor hy ’n nieroorplanting kry. |