text
stringlengths
0
41.1k
Eksterne skakels
Loopbaankeuse
Solidariteit - Jou loopbaan: Om 'n argitek te word
Vrouekeur.co.za: Kies 'n beroep: Argitek
ABC kan na een van die volgende sake verwys:
Die alfabet (spesifiek die latynse alfabet wat met die drie letters ABC begin)
American Broadcasting Company
Australian Broadcasting Corporation
Eksterne skakels
Algebra, of stelkunde, is die afdeling van wiskunde waar simbole gebruik word om strukture te beskryf en die verhoudings daartussen aan te dui. Klassieke algebra het uit die algemene metode van die oplos van vergelykings gekom. Hierin kom getalle en simbole voor wat bewerk word met maal, deel, optel en aftrek, asook ander bewerkings soos magte en magswortels. Die Noorse wiskundige Niels Henrik Abel bewys egter in 1824 dat polinome met graad vyf of hoër nie deur eksplisiete formules opgelos kan word nie. Moderne algebra ontwikkel dus sedert die negentiende eeu uit klassieke algebra en fokus eerder op abstrakte algebraïese strukture as op die oplos van voorgenoemde verhoudings. Algebra word algemeen as die "taal van wiskunde" beskryf, alhoewel daardie vae eretitel netsowel die velde van logika of selfs algemene filosofie beskore kon wees.
Geskiedenis
Die geskiedenis van algebra het begin in Egipte en Babilonië, waar mense geleer het om lineêre (soos ) en kwadratiese (soos vergelykings, asook intermediêre vergelykings soos , waar 'n paar onbekendes voorkom, op te los.
Hierdie manier van werk het 'n lang ruk so gebly tot in die tyd van Islam. Islamiese mense het algebra beskryf as die wetenskap vir vervanging en balansering en dit is hoogswaarskynlik hoe rekenkunde sy verskyning gemaak het. Die Islam woord vir algebra is al-jabru. In die negende eeu het Arabiese wiskundige al-Khwarizmi een van die eerste Arabiese vergelykings geskryf. Hy het die wette van algebra so goed ontleed dat hy 'n baie ingewikkelde vergelyking soos om , en te vind om die volgende te balanseer: , , en .
Kyk ook
Lineêre algebra
Lineêre vergelyking
Kwadratiese vergelyking
Derdegraadse vergelyking
Faktorisasie
Algebra
AR kan na een van die volgende verwys:
Argentinië, 'n Spaanssprekende land in die suide van Suid-Amerika,
Argon, 'n chemiese element met simbool Ar.
Arkansas, 'n deelstaat in die suidooste van die Verenigde State van Amerika.
Biologie is die vakgebied van die bestudering van die verskillende vorme van lewende organismes.
Biologie is die wetenskap van lewe. Dit is gemoeid met die eienskappe en gedrag van organismes, hoe spesies en individue ontstaan asook die wisselwerkings tussen hulle onderling en tussen hulle en die omgewing.
Oorsig van biologie
Biologie beslaan 'n wye spektrum van akademiese vakgebiede wat dikwels as onafhanklike dissiplines beskou word; as sambreelterm is dit die vakgebied van die bestudering van lewe op verskillende skale:
Op atoom- en molekulêre skaal, deur molekulêre biologie, biochemie en in 'n mate genetika
Op sellulêre skaal, deur selbiologie
Op multisellulêre skaal, deur fisiologie, anatomie en histologie
Op die ontwikkelingsvlak of ontogenie van 'n individuele organisme, deur ontwikkelingsbiologie.
Op die vlak van oorerflikheid tussen ouer en nasate, deur genetika.
Op die vlak van groepsgedrag, deur etologie
Op die vlak van individuele wisselwerkings tussen die organismes, deur sosiobiologie
Op die vlak van 'n hele bevolking, deur bevolkingsgenetika
Op ’n multispesieskaal van herkoms, deur sistematika
Op die vlak van interafhanklike bevolkings en hulle habitat, deur ekologie en evolusionêre biologie
Spekulatief op die vlak van lewe buite die Aarde, deur xenobiologie.
Velde van studie in biologie
Aërobiologie – Anatomie – Arachnologie – Astrobiologie – Biochemie – Bionika – Biogeografie – Bioinformatika – Biomeganika – Biofisika – Biotegnologie – Plantkunde – Selbiologie – Verspreidingskunde – Kladistiek – Skaaldierkunde – Oerdierkundige – Siklusse – Sitologie – Ontwikkelingsbiologie – Siektes (genetiese en aansteeklike siektes) – Ekologie (teoretiese ekologie, simbiose, outokologie, sinekologie) – Etologie – Entomologie – Evolusionêre biologie (Evolusie) – Evolusionêre ontwikkelingsbiologie – Varswaterbiologie – Genetika (bevolkingsgenetika, kwantitatiewe genetika, genomika, proteomika) – Herpetologie – Histologie – Antropologie – Igtiologie – Immunologie – Aansteeklike siektes – Patologie – Epidemologie – Limnologie – Malakologie – Soogdierkunde – Mariene biologie – Mikrobiologie (bakteriologie) – Molekulêre biologie – Morfologie – Mikologie/ligenologie – Mirmekologie – Neurowetenskap (neuroanatomie, neurofisiologie, senustelselwetenskap, biologiese fisiologie, psigiatrie, psigofarmakologie, gedragswetenskap, neuroetologie, psigofisika, berekenbare neurowetenskap, kognitiewe neurowetenskap, kognitiewe wetenskap) – Onkologie (die studie van kanker) – Ontogenie – Oorsprong van lewe – Voëlkunde – Paleontologie (paleobotanie, paleosoölogie) – parasitologie – Fikologie (algologie) – Herkomskunde (filogenetika, filogeografie) – Fisiologie – Fitopatologie – Voortplantingsbiologie – Strukturele biologie – Stelselbiologie – Taksonomie – Toksikologie (die studie van gifstowwe en besoedeling) – Virologie – Xenobiologie – Soölogie
Evolusie en biologie
Een van die sentrale, organisatoriese begrippe in biologie is dat alle lewe van 'n gemene oorsprong het vanweë evolusie. Charles Darwin het evolusie as 'n lewensvatbare teorie daargestel deur die dryfveer daaragter, natuurlike teelkeuse, duidelik uit te spel. (Alfred Russell Wallace word algemeen erken as mede-uitvinder van die begrip). Genetiese verskuiwing is aanvaar as 'n bykomende meganisme tot die sogenaamde moderne sintese. Die evolusionêre geskiedenis van 'n spesie — waaruit die eienskappe van die verskillende spesies waarvan dit afstam, vasgestel kan word, tesame met die genetiese verwantskappe daarvan ten opsigte van al die ander spesies word herkomskunde genoem. Verskillende benaderings tot die insameling van inligting oor die herkoms van spesies word in biologie gevolg. Dit sluit die vergelyking van DNA-reekse in wat in molekulêre biologie of genomika uitgevoer word en vergelykings van fossielrekords en ander inligting oor antieke organismes wat deur paleontologie ondersoek word. Bioloë rangskik en ontleed evolusionêre verwantskappe deur verskeie metodes, wat herkomskunde, numeriese taksonomie en kladistiek insluit. Die hoofgebeurtenisse in die loop van evolusie, soos bioloë dit tans verstaan, word opgesom op hierdie evolusionêre tydlyn.
Klassifikasie van lewe (en soortgelyke organismes)
Die klassifikasie van lewende dinge word sistematika of taksonomie genoem en behoort die evolusionêre stambome van die verskillende organismes te weerspieël. Taksonomie groepeer organismes in groepe wat taksons genoem word, terwyl sistematika hul verwantskappe probeer vasstel. Die dominante stelsel word Linnese taksonomie genoem, wat ordes en binomiale name insluit. Die name van organismes word beheer deur internasionale ooreenkomste soos die Internasionale Kode van Benamings vir alge, fungi en plante en die Internasionale Kode van Dierkundige Benamings. 'n Vierde konsepvoorstel vir 'n biokode is in 1997 gepubliseer in 'n poging om die name van die drie terreine te standaardiseer, maar dit is nog nie amptelik aanvaar nie. Die Internasionale Kode van Virusklassifikasie en -benamings val tans buite die biokodes.
Lewende wesens is tradisioneel in vyf koninkryke verdeel:
Monere – Protiste – Skimmels – Plante – Diere
Die verdeling word egter deesdae as verouderd beskou. Meer moderne alternatiewe begin met die drieledige domeinstelsel:
Archaea – Bakterieë – Eukariote (insluitende protiste, fungi, plante en diere)
Hierdie domeine weerspieël die teenwoordigheid al dan nie van selkerne asook verskille in die selwande. Elke domein word verder verdeel totdat elke spesie apart geklassifiseer is. Die volgorde is: domein, koninkryk, filum, klas, orde, familie, genus, spesie.
Daar is ook 'n reeks intrasellulêre parasiete wat toenemend minder lewend is ten opsigte van hulle metaboliese aktiwiteit:
Virusse – Viroïede – Prione
Geskiedenis van die woord 'biologie'
Die term "biologie" is afgelei van die Griekse βίος (bios, "lewe") en λόγος (logos, "studie van"). Die term is vermoedelik onafhanklik van mekaar deur Gottfried Reinhold Treviranus (Biologie oder Philosophie der lebenden Natur, 1802) en Jean-Baptiste Lamarck (Hydrogéologie, 1802) bekendgestel. Dit kan ook wees dat Karl Friedrich Burdach die woord in 1800 uitgedink het vir die titel van boekdeel 3 van Michael Christoph Hanov se Philosophiae naturalis sive physicae dogmaticae: Geologia, biologia, phytologia generalis et dendrologia, wat in 1766 gepubliseer is.
Verdere leeswerk
Lynn Margulis, Five Kingdoms: An Illustrated Guide to the Phyla of Life on Earth, 3de oplaag, St. Martin's Press, 1997, sagteband, ISBN 0-8050-7252-7 (baie ander oplae)
Neil Campbell, Biology: Concepts & Connections (4de oplaag), Benjamin-Cummings Publishing Company, 2002, hardeband, ISBN 0-8053-6627-X (college-vlak teks)
Eksterne skakels
EverythingBio: 'n Aanlyn bron vir enigiets verwant aan biologie
Kimball's Biology Pages : 'n aanlyn handboek met ’n soekfunksie
Biology Online: 'n webtuiste wat deur 'n enkele persoon onderhou word
Biologiewebtuiste
The Tree of Life
The Journal of Biology
The Public Library of Science: Biology
BioCode
Biologie met grafika en animasies
Leermateriaal vir biologie in Afrikaans en Engels
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Die beeldende kunste is vorms van kunssinnige uitdrukking waarin die klem val op die skep van 'n artifak in twee of drie dimensies.
Tekenkuns
Skilderkuns